Maak seker stembrief het stempel

2011-05-17 07:22
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Stembriewe moet ’n stempel van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) agterop hê. En dis kiesers wat moet toesien dat dit wel só is.

Dit het Maandag geblyk nadat ’n navraag aan die OVK gerig is oor die vermaning op Facebook en in ’n kettingboodskap per e-pos.

Die OVK ontken egter die bewering, luidens dié gerugte, dat die stempel agterop stembriewe ’n OVK-poging is om stemme vir opposisiepartye te beperk.

Volgens Mmabatho Mfete, Vrystaatse OVK-woordvoerder, moet stembriewe in die stemlokaal gestempel word wanneer ’n OVK-beampte dit aan ’n kieser uitreik.

“Kiesers moet seker maak dat die stembrief wel ’n stempel kry.”

Mfete sê die kieser moet daarna na die stemhokkie beweeg en sy of haar kruisie trek. “Dit is onwaar dat dit gedoen word om ’n party te bevoordeel. Alle stembriewe in alle streke moet die stempel kry.”

Luidens die e-pos wat die ronde doen, word die stempel agterop die stembrief gebruik sodat briewe wat nie langs die ANC ’n kruisie het nie, bedorwe verklaar word om die regerende party te bevoordeel.

“Die stembrief is inderdaad bedorwe as dit nié ’n stempel op het nie en die stem sal nie tel nie,” het Mfete gesê.

Sy sê die doel van die stempel is om verkiesingsbedrog te verhinder.

OVK-beamptes kan ook nie die stembriewe vooruit stempel nie. Dit moet gestempel word terwyl die kieser toekyk.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.