Lae stempersentasie weens Tatane se dood

2011-05-19 07:14
Tweets Share Share line Print

Ficksburg - Toe die son Woensdagmiddag hier agter die Imperaniberg sak, het slegs sowat 30% van die dorp en Meqheleng se geregistreerde kiesers die moeite gedoen om te stem.

By die Meqheleng-laerskool naby die huis van Andries Tatane, wat op 13 April in ’n betoging teen swak dienslewering deur die polisie doodgeskiet is, het net 511 van die 2 914 (17%) van die geregistreerde kiesers teen 17:00 opgedaag.

Die senior beampte van die stempunt het die swak opkoms betreur.

“Dis jammer. Maar hierdie is Andries Tatane se wyk en die mense hier is nog kwaad.”

By Tatane se huis het sy vrou, Rose Makananelo Motlhaping, gesê sy het gaan stem.

“Dit het goed gevoel, want dis wat Andries die graagste sou wou doen vandag. Hy het so uitgesien na hierdie verkiesing. Ek weet min mense van Meqheleng het gaan stem vandag. Hulle is te kwaad. Maar dis jammer, want hoe anders gaan ons die mense wat nie in die munisipaliteit hoort nie, daar uit kry?”

Dit was nie net in Tatane se buurt waar die opkoms swak was nie.

By geeneen van die ander stempunte wat Volksblad aangedoen het, was die opkoms hoer as 35% nie.

Beamptes by die punte het almal gesê dit was baie rustig gedurende die dag en mense het drupsgewys ingekom en hul kruisies getrek.

Met die koelerige skemerluggie wat teen die einde van die dag deur die omgewing getrek het, het hulle dit betwyfel of daar veel meer mense in die laaste uur gaan opdaag om te stem.

Oral was inwoners dit eens dat die afgelope maand se betogings en die dood van Tatane Woensdag se verkiesing beïnvloed het.

In die Tuinbousaal op die dorp het ook net 43% van geregistreerde kiesers teen laatmiddag opgedaag.

George Pietersen, DA-wykskandidaat, meen sy party het goed gevaar. Hy het gekla oor vuilspel van die ANC.

“Hulle het steeds werwing gedoen vandag en het mense gedreig dat hul pensioene afgevat sal word indien hulle nie vir die ANC stem nie.”

Terwyl party inwoners van Meqheleng gaan stem het, het die meeste met kruiwaens en kanne gesukkel om water na hul huise aan te dra.

“Maak nie saak wie hierdie verkiesing wen nie, hierdie gemors (swak dienste) sal moet stop. Ons sal hulle dwing om dit te stop,” het een gesê.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.