'Jesus was ’n kommunis, Hy voed 5 000 mense'

2011-05-02 07:56
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – “Jesus was ’n kommunis”, “God het pres. Jacob ­Zuma as staatshoof gesalf” en die ANC, die vakverbond Cosatu en die SAKP is die “Heilige Drie-eenheid”, het ’n pastoor gistermiddag op die regerende alliansie se Werkersdagbyeenkoms in Athlone verklaar.

Zuma het daarna op dieselfde verhoog by die Athlone-stadion gespog dat hy vroeër die oggend in ’n kerkdiens sowat ’n miljoen gemeentelede gewerf het om op 18 Mei vir die ANC in Kaapstad te stem.

Dít omdat eerw. Dumisani Ximbi, voormalige nasionale adjunk-organiseerder van die UDM en hoof van die Apostolic Church in Kaapstad, na die ANC oorgeloop het.

“En ons almal weet as die leier praat, luister die gemeente,” het Zuma gesê.

Zuma het sy gehoor aangemoedig om vir die ANC te stem omdat hy ook die tradisionele genesers se seën wegdra.

Sowat 2 000 mense het na Zuma, dr. Blade Nzimande, SAKP-leier, en Sidumo Dlamini, Cosatu-president, geluister.

’n Man in ’n swart toga wat as ’n “pastoor van Soweto” aan die skare voorgestel is, is gevra om die verrigtinge eers te open.

Hy het vurig losgetrek en verklaar “Jesus was ’n kommunis, hy het 5 000 mense gevoed.”

Hy het aangevoer Romeine 13 beveel Christene om die staat te respekteer.

“Alle gesag kom van God.

“Almal wat die ANC opponeer, opponeer dus vir God. Ons moenie opposisiepartye hê nie ... want pres. Jacob Zuma is self deur God gesalf.”

Hy het die drieparty-alliansie ook geseën en hulle die “Heilige Drie-eenheid” genoem.

Al drie sprekers het daarna sterk op eenheid in die alliansie gefokus en aangevoer die DA en die media saai verdeeldheid onder die drie vennote.

Dlamini het in ’n verrassende wending aangekondig Cosatu steun die regering se Nuwe Ekonomiese Groeiplan (NEP) en dat hy volle vertroue in die ANC-regering het om die doelwitte te bereik.

Dít kom nadat Cosatu die NEP – die Zuma-regering se bloudruk vir groei en werkskepping – vroeër gekritiseer het omdat dit te sterk aan die Mbeki-regering se makro-ekonomiese beleid (Gear) herinner.

Nzimande het aangevoer me. Helen Zille se party dien net “wit woonbuurte” se belange.

“Hulle probeer hard om ’n nie-rassige beeld voor te hou met daai opportunis (Patricia) De Lille en model C-skool-vrou (Lindiwe Mazibuko, DA-LP). Hulle is die twee handlangers van die madam (Zille).”

Zuma het sy spreekbeurt met die lied “Awuleth’ umshini wami” (bring my masjiengeweer) afgesluit en almal op die verhoog – insluitend die pastoor – het langs hom ingeval.


 

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
31 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.