Fourways-stemlokaal 'n 'ramp'

2011-05-18 09:56
Tweets Share Share line Print

Fourways - Die stemlokaal by die Fourways High School in Johannesburg is "heeltemal ongeorganiseerd" en het Woensdag 30 minute laat geopen, het 'n kieser gesê.

"Daar was hoegenaamd geen beheer nie en dit het my meer as twee en 'n half uur geneem om my stem uit te bring," het Christine Jones gesê.

Die skoolhekke het om 07:00 geopen om mense in te laat, maar die deure van die stemlokaal self het eers om 7.30am geopen.

Sy sê daar was twee rye, een vir bejaarde, gestremde en swanger vroue, en die ander vir gewone burgers.

"Die kiesbeamptes het net aandag geskenk aan mense in die ry vir gestremdes en het heeltemal van ons vergeet," het Jones gesê.

Die probleem is vererger deur die feit dat die lokaal slegs een toestel gehad het wat plakkers uitdruk om op identiteitsdokumente te plaas ná 'n stem uitgebring is.

Ná 'n uur se stemmery was daar nie meer papier oor nie.

"Dit het regtig lank geneem om deur almal te gaan met net een toestel.

"Ongeveer 09:00 het hulle besluit om die streeksentrum te skakel om nog 'n toestel te kry."

"Dit was 'n nagmerrie. Ek is eers om 09:00 by die stemlokaal weg," het Jones gesê.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.