Ek sal dit self doen, sê Mandela oor stemmery

2011-05-17 09:35
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - “Ek is oukei. Ek sal dit self doen,” het oudpres. Nelson Mandela Maandagoggend gesê toe hy ’n spesiale stem in sy huis in Houghton uitgebring het.

Amptenare van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het hom daar besoek.

Dr. Brigalia Bam, voorsitter van die OVK, het ná die tyd vir joernaliste gesê Madiba lyk baie gesond en presies nog soos die staatsman wat almal ken.

“Madiba het formeel aansoek gedoen om te stem en hy het sy ID-dokument byderhand gehad. Daar was reeds ’n tafel reg vir ons. Almal het oormekaar geval om hom te help, maar hy het gesê: ‘Nee, nee, ek is oukei. Ek het nie hulp nodig nie. Ek sal dit self doen.’

“Hy het toe self die vorms ingevul. Ons was almal baie verbaas. Hy dra dan nie eens ’n bril nie,” het Bam gesê.

Volgens haar was sy vrou, Graça Machel, en ’n kleindogter teenwoordig, maar almal het na die sitkamer gegaan om vir Madiba ruimte te gee om te stem.

“Dit is ’n wonderlike dag en ek glo alle Suid-Afrikaners gaan geïnspireerd voel om te stem as hulle weet Madiba het dit reeds gedoen,” het Bam gesê.

Madiba se dokter was ook teenwoordig en volgens hom het die oudpresident gewig opgetel.

“18 Mei is D-dag vir ons. So ver gaan dit goed. Ek glo alles gaan goed verloop,” het Bam gesê.

Oudpres. Thabo Mbeki het ook Maandagoggend gestem. Hy was omstreeks 10:00 by die stempunt by die Holy Family College in Oxfordstraat omdat hy op pad is na die Soedan en nie môre sal kan stem nie.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

neels.minnaar sê... Sy naam is "Slow Blow" Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.