Dexter verdedig Cope-dokument

2011-05-26 16:35
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die kommunikasiehoof van Cope, Phillip Dexter, het Donderdag sy besprekingsdokument, waarin hy glo gesê het dié party is dood, verdedig teen “sensasionalistiese” mediaberigte en gesê hy het nié die party “dood” genoem nie.

“Vandag het verskeie koerante berig oor ‘n besprekingsdokument wat ek ontwerp het, waarin ek my persoonlike beskouing van die stand van Cope gestel het... dit is jammer dat die reaksie was om die kwessies te sensasionaliseer, pleks daarvan om die kwessies wat ek opgehaal het, te bespreek,” het Dexter gesê.

“Enige berigte dat ek gesê het Cope is dood, is bloot vals... ek het baie duidelik die moontlikheid van hernuwing geartikuleer.

“In dieselfde asem – enige berigte dat ek die President van Cope blameer vir die stand van die party, is ook vals... ek het dit baie duidelik gestel dat die kollektiewe leierskap verantwoordelik is vir die stand van die party.”

Dexter beweer in sy dokument dat verkiesingslyste in die 2009- en 2011-verkiesings gemanipuleer is.

“Op die oomblik is daar burgemeesters- en raadslidkandidate wat nie net onvanpas is nie, maar geen lid van die party kan aan enigiemand verduidelik hoe en deur wie hulle verkies is nie. Dit is asof hulle uit die lug geval het.”

Hy beweer verder dat partyfondse wanbestuur en “gereeld misbruik” word.

‘n Berig in die Times het Donderdag ‘n bron in die party aangehaal wat glo gesê het Dexter se dokument is die “eerste skoot wat gevuur is in die leierskapstryd tussen Dexter en (Mosiuoa) Lekota”. Lekota het egter in ‘n onderhoud gesê hy het nie Dexter se dokument as ‘n aanduiding dat hy president van die party wil wees, gesien nie.

- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.