DA werk vir Mandela-droom, sê Zille

2011-05-14 15:55
Tweets Share Share line Print

Khayelitsha - Die DA-leier Helen Zille het Saterdag aan kiesers gesê haar party is die enigste party wat Nelson Mandela se droom van 'n beter lewe vir alle Suid-Afrikaners 'n werklikheid kan maak.

"Ons is die enigste party wat hard daaraan werk om Madiba se droom 'n werklikheid te maak," het sy aan sowat 2 000 ondersteuners in Khayelitsha in die Wes-Kaap gesê tydens haar party se laaste verkiesingsveldtog voor Woensdag se plaaslike verkiesings.

Zille het Mandela se bekende toespraak tydens die Rivonia-verhoor aangehaal en gesê net soos hy beloof het om teen beide wit en swart oorheersing te veg, het die DA probeer om Suid-Afrika te verenig terwyl die ANC hom op rassepolitiek toegespits het.

"Die DA se visie is dieselfde visie waarvan Nelson Mandela gepraat het in die beskuldigdebank tydens die Rivonia-verhoor," het sy gesê in 'n toespraak wat gelewer is in Engels, Xhosa, Afrikaans en Sotho.

Wilmot James en Lindiwe Masibuko van die DA het ook na Mandela se nalatenskap verwys. James het van die regerende party gesê: "Hulle bou nie meer aan Mandela se droom nie."

- Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
20 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.