DA kry 6% swart stemme

2011-05-19 10:50
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die Demokratiese Alliansie het nasionaal sowat 6% van swart stemme gekry, het ’n DA-strateeg Donderdag gesê.

"Ons is gelukkig hiermee en ons gaan voortbou op wat ons in die verkiesing geskep het, het Ryan Coetzee gesê.

"Dit is 'n kwessie van momentum en groei... Ons wil meer swart kiesers teen 2014 lok."

Hy het gesê die party wil swart steun van die regerende ANC verskuif. Die DA is gelukkig met die opkoms en vol vertroue dat hy 'n oorwinning van tot 60% in Kaapstad kan behaal.

Die party verwag egter nie 'n oorwinning in die Nelson Mandelabaai-distrik nie.

"Ons het verwag dat die ANC daardie raad gaan wen, gevolg deur die DA en dan Cope. Ons het gehoop dat as genoeg swart kiesers hul steun in dié munisipaliteit verskuif, die ANC nie sy 50% sal kry nie."

Gareth van Onselen, DA-woordvoerder, het gesê die party het Midvaal in Gauteng behou en het nege van die 14 wyke in die gebied gewen.

"Die inligting kom stadig in, maar ons het gehoor dat die DA ook Baviaans in die Oos-Kaap gewen het."

Die party het gesê daar was geen aanduiding van korrupsie tydens Woensdag se verkiesing nie en is "heeltemal gelukkig" met die stemproses.

Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: plaaslike verkiesings 2011  |  da  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.