DA het 43 wyke van die ANC afgevat, spog Zille

2011-05-21 07:15
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die DA het in die afgelope plaaslike verkiesing altesaam 43 wyke van die ANC weggevat, het Helen Zille, nasionale DA-leier Vrydag gesê.

Luidens ’n ontleding wat die DA van die 2011- plaaslike verkiesing gedoen het, is daar nege munisipaliteite in die Wes-Kaap waar die party in koalisie met kleiner opposisiepartye kan regeer om ANC-beheer oor dié munisipaliteite te verhoed.

“Die DA het sy steun in Kaapstad van 42% in 2006 tot 63% in 2011 vergroot,” het Zille gesê.

Sy was veral trots daarop dat Suid-Afrikaners van alle oorde byval gevind het by die DA se boodskap van versoening.

“Al was daar mense – selfs in ons eie party – wat gesê het ons sal ons tradisionele steunbasis verloor as ons uitreik na ’n ander groep,” het Zille gesê.

Sy het benadruk dat die DA bereid is om met politieke partye saam te werk wat sy beginsel van nie-rassigheid en diversiteit deel.

“Ons sal nié in koalisie met ander partye gaan bloot ter wille van mag nie.” Zille het samewerking met die ANC voorts uitgeskakel deur te sê die regerende party is ras-gedrewe en nasionalisties, terwyl die DA gelyke geleenthede vir almal voorstaan.

Dit is duidelik dat pres. Jacob Zuma die ANC gedurende die party se Siyangcoba-verkiesingsbyeenkoms in Johannesburg verlede week geposisioneer het as ’n beweging wat aan die verlede vasklou. “Asof enige politieke party ’n bepaalde rassegroep aanhang,” het sy bygevoeg.

In teenstelling met die hedendaagse ANC omarm die DA (oudpresident) Nelson Mandela se waardes van versoening en diversiteit, volgens Zille.

Volg Nuus24 op Twitter.


- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.