Cope 'soos die Almagtige' – kandidaat
2011-05-11 17:58
Johannesburg - Cope se nuwe burgemeesterskandidaat vir Johannesburg het Woensdag dié party met “die Almagtige” vergelyk toe hy sy program vir die plaaslike verkiesings aangekondig het.
“Die doel van die program is om die plaaslike verkiesings binne ses dae te wen en op die sewende dag te ontspan,” het Preddy Mothopeng gesê.
“Die heilige boek stel dat... die Almagtige hemel en aarde, dag en nag, alles in ses dae geskep en op die sewende dag ontspan het.
“Ons sê dat dit Cope ses dae sal neem en dat dit op die sewende dag tyd sal wees vir verandering om internasionaal gesien te word.”
Hy het die stad daarvan beskuldig dat hy die bevolking probeer halfeer deur toe te laat dat die suurvlakke styg en het gesê Cope se visie is om ‘n stad te bou wat nooit slaap nie.
“Ons visie vir Johannesburg is om ‘n slaaplose, produktiewe stad wat as ‘n wêreldklas-stad funksioneer, te bou. Ons wil ‘n stad hê waar almal ‘n werk het, ‘n stad waar daar 24-uur vervoer is, ‘n stad waar elke leerling ‘n bestuurderslisensie kan kry nadat hy of sy matrikuleer, ‘n stad waar medikasie vir almal beskikbaar is...”
- Mothopeng het ook gesê polisiebeamptes moet sielkundige evaluering ondergaan voordat hulle vuurwapens mag gebruik.
“Hulle moet ordentlik opgelei word en elke ses maande berading ontvang om seker te maak hulle is reg om hul pligte uit te voer,” het hy in ‘n telefoniese onderhoud gesê.
Die polisie is onlangs van ‘n reeks misdade beskuldig, insluitende die moord op die Cope-lid Andries Tatane in Ficksburg en die moord op Jeanette Odendaal buite ‘n polisiekantoor in Kempton Park.
Die plaaslike verkiesings vind op 18 Mei plaas.
- Volg Nuus24 op Twitter