Cope-lid dien intimidasieklag in

2011-05-22 16:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die Cope-lid Preddy Mothopeng het ‘n strafregtelike klag van intimidasie ingedien nadat hy na bewering deur “ANC-sluipmoordenaars” gedreig is.

“Ek het ‘n klag van intimidasie by die Orlando-polisiekantoor ingedien,” het hy Sondag in ‘n verklaring gesê.

Mothopeng, wat beweer het hy is die party se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, het gesê mense met ANC-embleme het by sy werkplek opgedaag, hom agtervolg en Saterdag by sy huis opgedaag.

Hy was nie in dié stadium tuis nie.

“My neef was ‘n bietjie verskrik oor hoe hulle (die beweerde ANC-lede) opgetree het en vrae gevra het. Hulle het opgetree soos mense wat sluipmoordenaars is.”

Mothopeng het gesê een van hulle het vir ‘n geruime tyd voor die hoek van sy huis gesit voordat hy in ‘n silwer Jeep vort is.

Hy het geglo ANC-lede is op sy spoor nadat hy opmerkings in die media oor oudpresident Nelson Mandela gemaak het.

“Hulle het my agternagesit net oor ‘n opmerking... wat het geword van vryheid van spraak?”

Mothopeng het op 18 Mei beweer Mandela het vir Cope gestem.

Die party het homself van dié stelling gedistansieer en gesê Mothopeng sal dissiplinêr verhoor word.

- Volg Nuus24 op Twitter
 

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.