Agt provinsies verloor geld vir infrastruktuur

2011-04-08 09:14
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Agt uit die nege provinsies se geld vir die skep van infrastruktuur is dié week summier teruggetrek omdat die geld nié in die vorige boekjaar bestee is nie.

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Maandag in die Staatskoerant afgekondig dat R2,4 miljard van agt provinsies – die Wes-Kaap uitgesluit – weens onderbesteding weggeneem word.

Die Wes-Kaap is die enigste provinsie wat sy volle infrastruktuurtoewysing van R794,8 miljoen ontvang én bestee het.

Gordhan se woordvoerder, Lindani Mbunyuza, het Donderdag gesê die nasionale tesourie het die provinsies reeds in Januarie vanjaar gewaarsku om verbeterings aan te bring sodat hul infrastruktuurbegrotings na behore bestee kan word.

“Slegs die Wes-Kaap het die regte stappe gedoen sodat sy geld oorgeplaas kon word,” het Mbunyuza gesê.

Volgens hom sal die R2,4 miljard teruggehou word totdat projekte die oorbetaling na die provinsies regverdig.

Die grootste hindernisse wat tot die onderbesteding van infrastruktuurbegrotings lei, is ’n swak verkrygingsbeleid, kontrakbeheer en onvoldoende finansiële stelsels by provinsies, het Mbunyuza gesê.

Die staking van toewysings is veral rampspoedig vir arm provinsies, soos die Oos-Kaap, wat ’n groot behoefte aan infrastruktuurontwikkeling het, maar ’n halfmiljoen rand (25%) van sy toewysing kwyt is.

In die Vrystaat, Noord-Kaap en Mpumalanga het provinsiale regerings byna die helfte van hul toelae weens onderbesteding verloor.

Die nasionale tesourie mag ingevolge die Wet op die Verdeling van Inkomste die oordrag van geld aan ’n provinsie of munisipaliteit staak wanneer ’n begroting nie in ’n betrokke boekjaar bestee is nie.

Die infrastruktuurbegrotings wat van die agt provinsies weerhou word, beloop nagenoeg R2,5 miljard, terwyl die toewysing vir biblioteekdienste en die begroting vir hospitaalopknapping in sommige provinsies ook herroep is.

’n Bykomende R50,2 miljoen wat vir gemeenskapsbiblioteekdienste in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Limpopo, Noord-Kaap en Noordwes bedoel was, is ook teruggetrek.

Daarbenewens het die departement van gesondheid R452,6 miljoen aan ses provinsies (die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en die Noord-Kaap) gestop. Dié geld was vir die opknapping van hospitale bestem.

James Selfe, DA-LP, het Donderdag op ’n nuuskonferensie dié toedrag van sake onthul.

“Dit is besonder betekenisvol dat die regering nié die terugtrekking van die begrotings wyd bekend gemaak het, behalwe in die Staatskoerant nie,” het hy opgemerk.

“Dis waarskynlik omdat dit so naby aan die plaaslike verkiesing is.” 

- Volksblad

Lees meer oor: pravin gordhan  |  finansies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.