ANC stewig in saal in Vrystaat

2011-05-21 08:36
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Met 79% van die Vrystaat se uitslae Vrydagaand teen 19:00 bekend, was die ANC beslis stewig in die saal.

Die bewindsparty kan dalk selfs by sy steun van 77,3% in 2006 draai.

In die provinsie het die ANC sover 18 uit die 20 munisipaliteite ingepalm en 71,6% van die steun gekry.

Die DA het gegroei en teen Vrydagaand het 20,1% Vrystaatse kiesers dié party gesteun teenoor 12,5% in 2006.

Soos deur kenners voorspel, het kleiner partye, soos die VF+, se steun gekrimp. Gisteraand het die party se Vrystaatse steun op 1,7% teenoor bykans 3% in 2006 gestaan.

Cope, wat die eerste keer aan ’n munisipale verkiesing deelgeneem het, se Vrystaatse steun het op 3,8% gestaan. In 2009 het 11,6% Vrystaatse kiesers vir dié party in die nasionale verkiesing gestem.

Die ACDP in die provinsie kon in Woensdag se verkiesing slegs 0,25% stemme trek teenoor 1,2% in 2006.

Volgens mnr. Chris Mepha, Vrystaatse OVK-hoof, is slegs twee Vrystaatse munisipaliteite se uitslae nog uitstaande – die Mangaung-metro en Maluti-a-Phofung.

Volgens Mepha het tegniese probleme, onder meer stukkende skandeerders, stelselprobleme en kragonderbrekenings, veroorsaak dat dié uitslae gister nog nie finaal afgehandel was nie.

Die ANC se steun het in die meerderheid van die munisipaliteite effens afgeneem. Dié party het byna 400 setels in die Vrystaat gekry en dié getal sal toeneem nadat die twee uitstaande munisipaliteite se uitslae bekend word.

Die DA het tot dusver byna 100 setels verower en Cope net meer as 20. Die VF+ het het agt Vrystaatse raadslede.

Intussen het die ANC op nasionale vlak sy verliese in vandeesweek se plaaslike verkiesing en die DA se vordering met minagting afgemaak.

Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, het by die nasionale uitslagsentrum in Pretoria gesê die DA yl as hy dink hy het ANC-steun weggeneem en verduidelik die ANC het weer eens ’n groot mandaat by kiesers ontvang.

Die jongste persentasies dui daarop dat me. Helen Zille en die DA hul aanspraak op ’n “triomfantlike uitslag” kan staaf.

DA-steun het in al die provinsies en metrorade toegeneem. Intussen het die ANC s’n oral afgeneem, behalwe in KwaZulu-Natal, waaronder die Ethekwini-metroraad (Durban), waar dit toegeneem het.

Stemme vir die DA het sedert die vorige plaaslike verkiesing in 2006 met 89% gestyg – nagenoeg 1,4miljoen meer. Hy het boonop 133 wyke landwyd by die ANC afgeneem en net vyf aan die party afgestaan.

Zille het die toename in swart steun vanaf rofweg 1% in 2009 tot die huidige 5% as ’n waterskeiding vir haar party beskryf. Swart kiesers verteenwoordig nou 20% van algehele DA-steun.

Alles was egter nie maanskyn en rosegeur nie. Die DA kon nie daarin slaag om ’n enkele nuwe raad buite die Wes-Kaap te wen nie en sy steun in landelike provinsies soos Limpopo bly baie laag.

Zille se grootste teleurstelling is dat die Nelson Mandelabaai-metroraad (Port Elizabeth) onder ANC-beheer bly, grootliks omdat Cope nie genoegsame steun gekry het om ’n koalisieregering saam met die DA te vorm nie.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.