ANC onder twee derdes, DA by 'n kwart

2011-05-22 08:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die finale uitslae wat Saterdagaand aangekondig is, toon die ANC het Woensdag se munisipale regeringsverkiesing gemaklik gewen met 62% van die stem, en beheer oor 198 stadsrade.

Dit beteken dat die ANC ten spyte van die agteruitgang van Inkatha en Cope sedert 2009 steeds nie twee derdes van kiesers se stemme kon trek nie. In 2009 het die ANC 65,9% steun gehad.

Adv. Pansy Tlakula, hoofkiesbeampte, was verheug oor die nasionale stempersentasie van 57%, wat ongehoord hoog is vir munisipale verkiesings.

Vir die ANC sal die hoogtepunt van die verkiesing sy sukses met die behoud van die Nelson Mandelabaai-metro in Port Elizabeth en die Tshwane-metro in Pretoria teen ’n verwoede opposisie-aanslag wees.

In Port Elizabeth het die ANC net-net die bewind behou met 52% van die stemme. In Pretoria het die DA weliswaar sterk gegroei tot 39%, maar Cope het so ver teruggesak dat die ANC steeds maklik gewen het.

Die DA was in die verkiesing tweede met 23,9% – ’n aansienlike verbetering op die 16,7% wat die party in 2009 behaal het.

Voorts het hy nou volstrekte beheer oor 18 stadsrade landwyd, teenoor 5 voor Woensdag. Daar is ’n verdere 12 stadsrade waar die DA saam met Cope en die ACDP kan regeer.

Die hoogtepunte vir die DA sal wees dat hy al sy vorige stadsrade, insluitend Midvaal in Gauteng en Baviaans in die Oos-Kaap, teen verwoede aanslae van die ANC behou het, hoe sy swart steun landwyd beduidend gegroei het en sy Wes-Kaapse vertoning.

In die hele Wes-Kaap het die DA die ANC geklop met 55% teen 33%, en in die Kaapse metro was die DA bo met 61% teen 33%, of 135 setels teen 73.

Dit is ’n groei van 19 persentasiepunte vir die DA in Kaapstad sedert 2006, toe die party net 42% van die stemme gehad het.
Elders in die Wes-Kaap het die DA historiese volstrekte meerderhede behaal, wat munisipaliteite sal stabiliseer.

Die DA is nou algeheel in beheer van Bergrivier (Velddrif), Swartland (Malmesbury), Drakenstein (Paarl), Saldanhabaai, Stellenbosch, Breedevallei (Worcester), Overstrand (Hermanus), Theewaterskloof (Caledon), Mosselbaai, George en Knysna.

Die groei in swart steun beteken dat die DA landwyd altesame meer as 130 setels by die ANC afgeneem het en in elke munisipaliteit waar hy gestaan het, gegroei het.

Die groot teleurstellings vir die DA sal die uitslae in Potchefstroom, Pretoria en Port Elizabeth wees, waar die party die ANC sterker wou uitdaag, en selfs klop.

Die IVP het erg teruggesak en beheer nou net 5 stadsrade, waar dit in 2006 nog meer as 30 was.

Cope kon geen stadsrade wen nie, maar hou die magsbalans in 11, met 2,2% van die stemme. Die party het aangedui hy gaan met die DA saamwerk.

Nog ’n party wat heelwat veld gewen het, is die NVP, wat 2,4% van die stemme getrek het. Die NVP sal na verwagting met die ANC saamwerk, wat Inkatha se magsbasis in Zoeloeland sal vernietig.

 

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.