ANC looi sakesektor, boere omdat ‘mense nie kon stem’

2011-05-20 08:42
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Onpatrioties en onsimpatiek!

Dít is hoe die ANC die Wes-Kaapse sakesektor Donderdag veroordeel het omdat dié sektor glo “nie reëlings getref het vir werkers om te gaan stem nie”.

Michael Bagraim, woordvoerder van die Kaapse Sakekamer, het die beskuldigings en bewerings verwerp.

Maar volgens Songezo Mjongile, provinsiale sekretaris van die ANC, het die party klagtes ontvang oor supermarkte, afdelingswinkels en sommige sekerheidsdienste wat hul werknemers na bewering lang ure laat werk het sonder om te reël dat hulle kon gaan stem.

“Dit is onpatrioties en onsimpatiek teenoor die behoeftes en regte van mense wat die wiele in dié sektor aan die rol hou.”

Bagraim het die klagtes as onregverdig en opportunisties bestempel.

“Ons het in die media en oor nasionale en gemeenskapsradiostasies gevra dat werknemers toegelaat moet word om te gaan stem.

“Dit is ’n skoot in die donker om so op onbevestigde stories te steun.

“Daar is niks by ons aangemeld nie.”

Die boeregemeenskap in sekere dorpe in die Overberg is ook gekap.

Die DA en die ANC het hul teleurstelling uitgespreek oor die situasie in Swellendam, waar plaaswerkers glo eers ná 19:00 met vragmotors na die stembus aangery en toe weggewys is.

Carl Opperman, woordvoerder van Agri Wes-Kaap, het gesê daar was ’n ooreenkoms tussen die boere in die provinsie en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK).

“Daar is niks by ons aangemeld nie.”

Trevor Daniels van die OVK het Donderdagaand bevestig geen amptelike klagtes is by die kommissie aangemeld nie.

“Mense het tot twee dae ná die verkiesing kans om te kla en die klagtes word by die nasionale kantore aangemeld.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.