ANC kry meerderheid stemme
2011-05-19 12:02
Pretoria – Die ANC het teen 10:00 Donderdagoggend 62,52% van die stemme regoor die land gehad.
Die ANC het sowat 10 miljoen stemme teenoor die DA se 3,9 miljoen (23,78% van die nasionale totaal).
Sowat 23 miljoen mense het nasionaal geregistreer om te stem. Die totale kiesersopkoms teen 10:00 het op 5,933,265 mense gestaan.
Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het die DA gevolg met 608,740 stemme (3,48%). Die wegbreekparty van die ANC, Cope, het 476,633 (2,84%) van die stemme.
Die IVP se splinterparty, die Nasionale Vryheidsparty, is in die vierde posisie met 412,985 (2,36%) van die stemme.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA