ANC in Gauteng 'teleurgesteld'

2011-05-24 17:57
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Die ANC in Gauteng is “teleurgesteld” met hul uitslae in Indiese en bruin woongebiede rondom Johannesburg, het David Makhura, provinsiale sekretaris, Dinsdag gesê.

“Ons sal na die tekenbord terugkeer, wat ons werk in dié gemeenskappe betref,” het hy gesê by die aankondiging van die burgemeesters in die provinsie.

“Wat is die kwessies by die hart van hierdie gemeenskappe, wat die ANC gemis het?”

Makhura het gesê die ANC neem sy swak uitslae in dié gebiede “baie ernstig” op. Die party het areas soos Eldorado Park en Lenasia, wat vroeër onder sy beheer was, in die pas afgelope plaaslike verkiesings verloor.

Beide die Indiese en bruin gemeenskappe is “historiese kieserskorpse van die ANC,” het hy gesê.

Die party sal intense kiesersanalise van stapel stuur om te bepaal wat hierdie groepe laat besluit het om óf van die stempunte weg te bly, óf om vir ‘n ander party te stem.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, het kort ná die mediakonferensie by die party se hoofkwartiere ook kommer uitgespreek oor die afname in ondersteuning onder minderheidsgroepe.

“Ou aktiviste bly lojaal aan die ANC, maar daardie sirkel word kleiner en kleiner,” het hy gesê.

Hy het toegegee dat gemeenskappe moontlik “afgesit” kan wees deur kommentaar wat “rassisties voorkom” deur ANC-leiers, maar het bygevoeg dat Suid-Afrikaners “steeds te oorsensitief teenoor mekaar is”.

Hy is gevra oor kommentaar wat byvoorbeeld deur die ANC-Jeugligaleier, Julius Malema, gelewer is. Opmerkings dat wit mense misdadigers is, is nie ANC-beleid nie, het Mantashe gesê.

“Opmerkings wat wegbeweeg van ANC-beleid doen niks goeds vir die ANC nie.”

Makhura het gesê die ANC sal oor die volgende vyf jaar poog om ‘n teenwoordigheid te kweek in die noordelike voorstede van Johannesburg en die oostelike voorstede van Tshwane, waar die party geen wyke kon wen nie.

Die ANC in Gauteng het sy burgemeesters vir die 11 munisipaliteite wat hy in die provinsie gewen het, bekend gestel.

Die voormalige finansiële baas van Johannesburg, Parks Tau, is die stad se nuwe burgemeester. Hy vervang Amos Masondo ná Masondo se twee termyne.

Mondli Gungubele word die burgemeester van Ekurhuleni; Kgosientsho Ramokgopa van Tshwane; Mpho Nawa van Wesrand; Simon Mofokeng van Sedibeng; Greta Hlongwane van Emfuleni; Calvin Seerane van Mogale City; Maphefo Letsie van Merafong; Sylivia Thebenare van Randfontein; Lerato Maloka van Lesedi en Nonkoliso Tundzi van Westonaria.
Priseka Ramashu sal die opposisie in Midvaal lei.
 
- Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

My News Header

Stempatroon onduidelik

Herman Toerien 7 menings | 5 keer gelees |

Solank ras, eerder as beginsels, die norm vir stemkeuses is, het die land ‘n baie gebrekkige demokrasie, meen ’n Nuus24-gebruiker.

Meer van ons gebruikers
Meer kommentaar
Hoe goed het jou party gevaar in die plaaslike verkiesings? Kliek hier vir regstreekse uitslae.
 

BLOG: Speel ras ’n rol?

2011-05-20 13:54

’n Nuus24-blogger meen die 2011 munisipale verkiesing bewys dat SA se verkiesings in breë trekke steeds neerkom op ’n rassensus.

 
Mandela trek sy kruisie 2011-05-17 11:55
Oudpres. Nelson Mandela het by sy huis in Houghton, Johannesburg, gestem. Kyk hier na foto's.
 

Nuutste Plaaslike Verkiesings 2011-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Werke - Vind jou droomwerk

SAP Basis Consultant

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R450000 - R650000

Embedded System Integration Specialist

Jhb North
Hire Resolve
R30000 - R40000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R300000 - R340000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind ‘n nuwe huis

Reis - Besoek, bespreek, laat waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.