eNews-joernalis vas
2010-03-24 05:43
Kaapstad – ‘n Joernalis van eNews is Dinsdag in Durban in hegtenis geneem terwyl hy besig was om ‘n betoging deur verpleegsters te dek, het die kanaal gesê.
“eNews gaan ‘n amptelike klag van wederregtelike inhegtenisneming by die eThekwini owerhede indien, ná die arrestasie van Morgan Collins, ‘n verslaggewer,” het Patrick Conroy, e.tv se eNews-hoofbestuurder gesê.
Collins het na bewering op ‘n sypaadjie gestaan toe metropolisielede hom ‘vyf sekondes’ gegee het om die omgewing te verlaat.
“eNews is bekommerd dat metropolisielede nie die regte van joernaliste respekteer wat gebeurtenisse dek nie. Die aanhouding van Morgan Collins was onnodig en onaanvaarbaar in ‘n demokratiese Suid-Afrika.”
Collins was later op ‘n waarskuwing vrygelaat.
Supt. Joyce Khuzwayo, van die Ethekwini metropolisie het gesê Collins het geweier om die perseel van ‘n onwettige byeenkoms te verlaat.
- Vir die volledige storie besoek iol