eNaTIS-kontrak gekap

2010-09-30 07:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die kontrak van Tasima, die maatskappy wat die nasionale verkeersinligtingstelsel eNaTIS bedryf, is met nóg vyf jaar verleng sonder dat die departement van vervoer vir tenders geadverteer het.

Stuart Farrow, DA-LP en woordvoerder oor vervoer, het gister gesê die kontrak beloop ’n paar honderd miljoen rand.

Farrow is in besit van korrespondensie waarin Collins Letsoalo, waarnemende uitvoerende hoof van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), Tasima en die departement van vervoer waarsku dat die eensydige verlenging van die kontrak neerkom op minagting van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid (Paja).

“Die kontrak moes lankal geadverteer gewees het. Tasima se tariewe is baie hoog vir ’n instandhoudingskontrak. Die departement kan dit gewoon nie bekostig nie.

“Ook die (parlement se) staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) dring daarop aan dat die kontrak vir tenders geadverteer word. Ons kan dit nie anders benader nie ... ek kan dit (die verlenging) nie ondersteun nie,” lui Letsoalo se brief van 28 April aan Zakhele Thwala, waarnemende direkteur-generaal van vervoerregulasies.

Letsoalo het ’n week later in ’n tweede brief gesê die nuwe Tasima-span wat eNaTIS in stand moet hou, is “minder ervare” as die aanvanklike span en dat dié kontrak deur ’n “regverdige, deursigtige en kostedoeltreffende tenderproses soos vereis deur die Grondwet” toegeken moet word.

George Mahlalela, direkteur-generaal (DG) van vervoer, het Tasima se kontrak nogtans op 12 Mei op Thwala se versoek met nog vyf jaar verleng.

Dít het Letsoalo genoop om ’n brief aan Tasima te skryf waarin hy waarsku die verlenging van die kontrak is “onreëlmatig en onwettig” en dat hulle dit moet “ignoreer”.

Mnr. Philip van der Merwe, woordvoerder van Tasima, het gister gesê wat húlle betref, is die kontrak geldig. “Die DG het in ’n brief bevestig die kontrak ís geldig en wettig. Hy het gesê dis nie deel van die RTMC (waaraan eNaTIS eindelik oorgedra gaan word) se mandaat om teen die kontrak beswaar aan te teken nie.”

Die eNaTIS-kontrak is vir die eerste keer in Desember 2001 aan Tasima toegeken en het in Mei 2008 verstryk. Tasima het eNaTIS daarna op ’n maandelikse grondslag in stand gehou.

Farrow gaan versoek dat die DG voor Skoor verskyn en ook vra dat ondersoek ingestel word na die moontlikheid dat die Wet op Open-bare Finansiële Bestuur oortree is.

Belastingbetalers het teen Junie 2007 reeds R408 miljoen vir eNaTIS opgedok. Duisende mense het in dié jaar dae aanhoudend buite lisensiekantore gestrand gestaan toe die stelsel ineengestort het.

Beeld het destyds berig die ouditeur-generaal het erge veiligheids-gebreke uitgewys en die departement vooraf gewaarsku dat eNaTIS sou misluk.

Sam Monareng, woordvoerder van die departement van vervoer, kon teen druktyd nie op vrae reageer nie omdat die DG uitstedig was.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.