Zuma-woordvoerder was nié dronk
2011-12-20 17:00
Johannesburg – Die bloedmonsters van Zizi Kodwa, presidensiële woordvoerder, toon dat hy nie gedrink het toe hy in hegtenis geneem is nie.
Kodwa is in November deur owerhede voorgekeer en by die Rosebank-polisiekantoor, noord van Johannesburg, aangehou.
Gugulethu Madlanga, sy prokureur, het Dinsdag met staatsaanklaers by die Hillbrow-landdroshof vergader.
"Daar was nie eers een persent alkohol in sy bloed nie."
Kodwa is verlede week in kennis gestel dat die toetse negatief teruggekom het.
Hy het aangedui dat hy R5 miljoen sal eis vir verkeerdelike inhegtenisneming en onwettige aanhouding.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter