Zuma-vriend wil dagvaar ná arres

2010-09-28 06:57
Tweets Share Share line Print

Mnr. Atul Gupta praat gister met joernaliste buite die Randburg-landdroshof. Foto: Felix Dlangamandla

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Atul Gupta, miljardêr-vriend van pres. Jacob Zuma en eienaar van die nuwe koerant met ANC-bande, oorweeg regstappe teen die polisie weens wat hy “onregmatige arrestasie en xenofobie” noem.

Die staat het gister besluit om Gupta, eienaar van The New Age (TNA), nie op aanklag van regsverydeling te vervolg nie.

Hy is Saterdagaand in hegtenis geneem nadat hy hom glo teen die polisie verset het toe hulle sy BMW X5 wou deursoek. Hy was op pad na sy huis in Saxonwold, Johannesburg, toe die polisie hom op die R55 laat stilhou het. Sy lyfwag en bestuurder is glo deurgesoek, maar Gupta het glo geweier dat hy of sy motor deurgesoek word.

Luidens ’n berig in Sowetan het Gupta die twee polisiebeamptes daarmee gedreig dat hy “noue bande met top-polisiebeamptes het” en dat hy genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, sou bel.

Gupta is na die Sandton-polisiekantoor geneem en kort ná middernag op waarskuwing vrygelaat.

Die Randburgse landdroshof het die saak nie gister op die rol geplaas nie. Die senior staatsaanklaer meen daar is geen saak teen Gupta nie.

Gupta en sy gevolg van regslui en lyfwagte het in twee luukse BMW’s by die hof opgedaag.

Cliff Alexander, Gupta se regsverteenwoordiger, het buite die hof gesê hulle oorweeg regstappe teen die twee polisiebeamptes, asook Sowetan.

“Mnr. Gupta is onregmatig gearresteer en aangehou en met xenofobie gedreig. Die polisiebeamptes het hom ’n Indiër genoem en selfs gesê hy moet teruggaan Indië toe.”

Hy het die bewerings oor Cele ontken.

“Mnr. Gupta het sy mag glad nie misbruik nie. Sy selfooninligting toon geen oproepe na Cele nie. Hy het slegs 10111 geskakel om vas te stel of die beamptes wel polisiebeamptes was, want hulle het nie so opgetree nie. Mnr. Gupta is uit sy motor gepluk. Die beamptes het ook nie ’n lasbrief gehad nie.”

Gupta self wou nie oor die voorval uitwei nie. Hy het die joernalis van TNA versoek om nie ’n storie daaroor te publiseer nie.

Voor dié versoek het Gary Naidoo, besturende redakteur van TNA en die Gupta-gesin se woordvoerder, gesê hy sal wel ’n “gebalanseerde berig” publiseer. Daarna het hy egter gesê Gupta se versoek is aan die redakteur deurgegee.

Die Gupta-gesin, wat ook die politieke joernaal The Thinker finansier, besit aandele in verskeie mynmaatskappye. Gupta se broer Rajesh en Zuma se seun Duduzane is sakevennote met aandele in die staalmaatskappy ArcelorMittal.


Gupta en sy gevolg van regsverteenwoordigers en lyfwagte daag gister by die hof op.


Gary Naidoo, besturende redakteur van The New Age en woordvoerder van die Gupta-gesin, gister buite die Randburg-landdroshof.
Foto: Felix Dlangamandla

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.