Zuma vrees ANC-byl

2011-09-25 07:08
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Pres. Jacob Zuma se stryd om politieke oorlewing het in felheid toegeneem in ’n week waarin die vernietigende binnegevegte in die ANC in ’n uitgelekte verslag blootgelê is.

By die Verenigde Nasies in New York – die belangrikste gebeurtenis in sy internasionale dagboek – was Zuma se kop duidelik elders.

“Sy gedagtes is by die huis,” het sy assistente gesê.

“Hierdie dinge oor internasionale verhoudinge kwel hom nie, dis wat by die huis gebeur wat hom snags wakker hou.”

In ’n telefoniese onderhoud met Rapport Saterdag was Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, woedend omdat sy verslag aan die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) verlede naweek aan ’n joernalis uitgelek is.

Daarin skets Mantashe ’n verdoemende prentjie van ’n party wat deur interne magstryd, hebsug en onbevoegdheid aan flarde geskeur word.

Volgens Mantashe is die ANC in die aanloop tot sy leiersverkiesing volgende jaar in Bloemfontein “nog meer verdeeld as in 2007” (toe die Zuma-faksie oudpres. Thabo Mbeki as leier van die ANC by die Polokwane-leiersverkiesing onttroon het).

Dit het die afgelope week duidelik geword Zuma is besig om op verskeie fronte te veg om ’n fel aanslag van binne die regerende party af te weer.

Zuma glo vas daar is ’n komplot om sy kop as ANC-leier in Bloemfonteinte laat rol – en hy probeer sy bes om sy houvas op die party te verstewig deur van sy opponente ontslae te raak.

Hy het nou selfs vertroue verloor in sy nasionale polisiehoof, genl. Bheki Cele. Hy eis dat Cele redes moet verskaf waarom hy nie geskors moet word nie hangende ’n ondersoek oor beweerde korrupsie met die huurkontrakte vir die polisiegeboue in Pretoria en Durban.

En soos voor Polokwane in 2007 word die intelligensie-gemeenskap by die politieke magstryd betrek.

In Zuma se stryd om politieke oorlewing het hy:

* Aangedring op die tugondersoek teen die ANC-jeugleier, Julius Malema, wat die veldtog teen hom aanvoer;

* ’n Kommissie van ondersoek na Suid-Afrika se omstrede wapenaankope aangekondig waarvan hy die voorsitter sal aanwys en die verwysingsraamwerk sal vasstel; en

* Kant gekies in die geveg tussen dr. Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, en drie top-
intelligensiebeamptes, onder wie mnr. Moe Shaik.

’n ANC-bron sê dieselfde mense wat van Mbeki ontslae geraak het, soek nou Zuma se bloed.

Malema en die jeugliga het openlik verklaar hulle wil Zuma deur adj.pres. Kgalema Motlanthe vervang.

Nog ’n bron sê: “Zuma se noue verhouding met die Gupta-familie, wat munt slaan uit hul politieke invloed, het hom seergemaak.”

Mantashe het gister die vure probeer doodslaan.

Hy sê die ANC sal nie ineenstort nie en sal net “groter en sterker word”.

“In enige organisasie soos die ANC sal daar meningsverskille wees en dit word as verdeeldheid vertaal.

“Iemand het my verslag gesteel. Dit was veronderstel om ’n interne dokument te wees… waarin ek verslag doen oor wat ek as die realiteit in die ANC sien.”

* Mantashe het gister ’n berig in die staatsbeheerde Zimbabwiese koerant The Herald, waarvolgens hy sou gesê het nasionalisering sal nooit in Suid-Afrika gebeur nie, ontken.

Hy sê nasionalisering “is ’n lekker beleid om oor te praat, maar ons wil nie iets hê wat beleggers sal wegjaag nie”.

* Llewellyn Prince, City Press en Mandy Rossouw 

- Rapport

Lees meer oor: jacob zuma  |  sa-politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.