Zuma vra Buthelezi om terug te kom na ANC

2010-08-29 07:23
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Pres. Jacob Zuma het gister vir dr. Mangosuthu Buthelezi, IVP-leier, gesê dit is tyd vir hom om terug te keer na die ANC.

“Die ANC wag vir jou,” het Zuma gesê.

Zuma en Buthelezi was gister huldeblyksprekers by die roudiens wat in Kaapstad in die St. George-katedraal gehou is vir Joe Matthews, gewese adjunkminister van veiligheid en sekuriteit.

’n Baie aangedane Zuma het in ’n ligter oomblik vir Buthelezi gesê die land het nou nie meer ekonomiese sanksies nie en daarom het hy ook nie meer ’n rede om by die IVP te bly nie.

Buthelezi het vroeër gesê hy is destyds uit die ANC-strukture omdat hy nie met hulle saamgestem het oor die oproep om internasionale sanksies teen Suid-Afrika nie.

“Sy (Buthelezi se) politieke benadering kom tog van die ANC af,” het Zuma gesê.

Zuma het begin vertel hoe geledere in ’n organisasie by die tou moet inval, veral wanneer dit kom by die besluite van ’n nasionale konferensie. Hierop het Buthelezi vanuit sy kerkbank met ’n geluid gereageer wat wys hy stem nie saam nie.

Matthews se dood het daartoe gelei dat die ANC-adelstand en IVP-strydrosse gister saam in die kerkbanke gesit het.

Zuma het na Matthews se oorbeweeg van die ANC na die IVP verwys en gesê die ANC het begrip gehad vir Matthews se nuwe “politieke tuiste” en dat hy “vriendskaplike verhoudings tus­sen die IVP en die ANC” gesmee het terwyl die bloedige konflik tussen die twee partye in KwaZulu-Natal gewoed het.

Buthelezi het Matthews in die regering van nasionale eenheid onder oudpres. Nelson Mandela gekies om saam met hom as IVP-lid in die kabinet te dien.

Ná die gedenkdiens het Lindiwe Sisulu, minister van verdediging en eredogter van Buthelezi, hom aan die hand na sy motor toe geneem.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Trippie sê... Jy's stout ! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.0 VVT-i PU MY09
2011
R 175,900.00

FORD

Ikon 1.6 Ambiente MY09
2010
R 109,900.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2010
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.