Zuma vlieg in peperduur straler na Amerika
2011-09-20 13:30
Kaapstad – Pres. Jacob Zuma is vandeesweek in 'n luukse straler, wat miljoene rande kos om te huur, na Amerika gevlieg, berig Eyewitness News.
Dié straler behoort aan Ivor Ichikowitz, 'n prominente ANC-ondersteuner, wapenhandelaar en oliemakelaar.
Zuma se Boeing 737 word drie maande lank in Basel, Switserland gediens.
Die luukse Boeing 727 kos $14 000 (sowat R108 000) per uur om te huur en Ichikowitz het gesê die president het nie afslag gekry nie.
Die straler behoort aan Ichikowitz, maar is as deel van 'n regeringstender deur 'n maatskappy aan Zuma verhuur.
Ichikowitz het in 2008 dieselfde straler gratis aan Zuma verskaf toe na Kazakhstan en Libanon moes reis.
Volgens 'n kwotasie op die maatskappy se webwerf kos dit R500 000 om vanaf Johannesburg na Kaapstad te vlieg.
Die ministerie van verdediging het gesê hy het geen opsie as om privaatstralers te huur terwyl die president se vliegtuig gediens word nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter