Zuma verwelkom koninklikes
2009-11-24 12:53
Pretoria – ‘n Eervolle verwelkoming met die vrolike musiek van ‘n orkes het Koning Harald en Koningin Sonja van Noorweë Dinsdag welkom geheet in Suid-Afrika.
Terwyl die klank van kanonskote deur Pretoria weergalm, het president Jacob Zuma die koninklike egpaar op die rooi tapyt vergesel na die westelike ingang van die Uniegebou.
Tydens hulle besoek sal Koning Herald en Koningin Sonja in besprekings betrokke wees oor onderwys, kuns en kultuur, tegnologie en maniere waarop hulle bande met Suid-Afrika kan versterk.
Hulle sal glo later met die media kommunikeer.
–Sapa