Zuma verwelkom briewe oor inligtingswet

2010-09-11 08:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die briewe van plaaslike en internasionale media en ander organisasies oor die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting en die voorgestelde mediatribunaal is deur pres. Jacob Zuma verwelkom.

Talle organisasies, waaronder Skrywers teen die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting, die Right2Know Campaign, South African Journalism Schools, World Association of Newspapers and News Publishers, Agence France Presse, Bloomberg, Associated Press en Reuters, het onder meer aan Zuma geskryf.

Lewendige debatvoering is ontketen sedert die wetsontwerp in die parlement ter tafel gelê is en sedert die ANC aangedui het dat die mediatribunaal later vandeesmaand by sy hoofraadsvergadering in Durban bespreek gaan word.

Die president het die bydraes tot die debat gister verwelkom. “Dit dui op die lewendigheid van die Suid-Afrikaanse samelewing,” lui die verklaring.

Dr. Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, sal aanstaande week ’n omvattende verslag oor die wetsontwerp aan die parlement lewer. Die minister het “geldige en bruikbare voorleggings” oorweeg wat tydens die openbare sittings gemaak is.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) sy vergadering Donderdag met die ANC as robuust en nuttig beskryf. Sanef het kommer uitgespreek dat die verhouding tussen die ANC en die media agteruitgegaan het na afloop van die Wêreldbeker-sokkertoernooi.

Die redakteursliggaam het sy verbintenis tot die selfregulering van die media en sterk teenkanting teen die tribunaal herhaal, wat hy glo ’n “ongeregverdigde, eksterne beheer van die onafhanklike media” verteenwoordig.

Die ANC het op sy beurt sy siening benadruk dat die stelsel van selfregulering onvoldoende is. Hy bly verbind daartoe dat die wenslikheid van ’n mediatribunaal ondersoek moet word. 

- Die Burger

Lees meer oor: jacob zuma  |  media  |  persvryheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.