Zuma vervang korrupsiebestryder Willie Hofmeyr

2011-11-30 07:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Pres. Jacob Zuma het ’n vertroueling en eertydse raadgewer in sy vroeëre regstryd teen korrupsieklagte gister aangestel om die land se suksesvolste korrupsiebestryder, Willie Hofmeyr, te vervang.

Dié aanstelling van oudregter Willem Heath as hoof van die presidensie se spesiale ondersoekeenheid (SOE), is uit verskeie oorde veroordeel en selfs bestempel as “die Zumafikasie van onafhanklike instellings”.

Mac Maharaj, Zuma se woordvoerder, het die kritiek egter as “onregverdig” bestempel en gemaan dié “strategiese herstrukturering” moenie “verpolitiseer” word nie.

Hoewel Hofmeyr reeds die afgelope twee jaar onder kwaai druk was om te kies tussen die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid en die SOE, het dié skuif nogtans as ’n groot skok gekom. Daar is betroubaar verneem die mense wat onder hom gewerk het, is platgeslaan.

“Ons is glad nie tevrede nie. Dit was totaal onverwags. Dis blêddie sleg,” is aan Volksblad gesê.

Jeff Radebe, minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, het Hofmeyr Dinsdagoggend uit die bloute na sy kantoor in Pretoria ontbied en hom ingelig Heath sal hom as hoof van die SOE vervang. Hofmeyr bly wel aan die stuur van die batebeslagleggingseenheid.

Heath, wat die SOE ook in die laat negentigs gelei het, het gisteraand aan Volksblad gesê hy het die pos aanvaar “omdat dit ’n direkte versoek van die president was”. Radebe het hom “’n ruk gelede” reeds genader oor die moontlikheid om by Hofmeyr oor te neem. “Maar dit het steeds vanoggend (Dinsdagoggend) as ’n verrassing gekom,” het Heath, tot Dinsdag nog een van Radebe se raadgewers, gesê.

Hy sal in Kaapstad gesetel wees en aan Zuma rapporteer.

Heath was voorheen ’n lid van Zuma se brein-trust wat hom geadviseer het gedurende sy regstryd met die NVG op aanklagte van korrupsie.

Die raad vir die bevordering van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Casac) meen juis dit is dié “noue verhouding” met Zuma wat Heath se onafhanklike oordeel onder verdenking plaas.

“Dié besluit kan die staat se stryd teen korrupsie net verswak,” lui ’n sterk bewoorde verklaring wat Dinsdagaand uitgereik is.

Maharaj het die aantyging egter verwerp en gesê dit is onregverdig om Heath te etiketteer weens ’n diens wat hy destyds in ’n professionele hoedanigheid aan Zuma – toe nog net ANC-president – gelewer het.

Nog ’n ingeligte het op voorwaarde van anonimiteit gesê die ware rede vir die skuiwe is duister.

Willie het albei poste sonder enige probleme hanteer. Hy het fantasties gevaar en dis nie asof een pos (ten koste van ’n ander) afgeskeep is nie. Mens moet dus vra wat Zuma aangespoor het om dít te doen.”

Maar volgens Maharaj moet die SOE sy eie hoof kry omdat die werklading aansienlik toegeneem het en Heath het jare se ervaring.

Debbie Schafer, DA-LP en woordvoerder oor justisie, het volgehou daar is “geen regverdiging” om summier van Hofmeyr ontslae te raak nie en het dit gebeur omdat hy waarskynlik “te onafhanklik” na Zuma se sin is.

“Heath is ’n Zuma-vertroueling. Dié (aanstelling) is net nog ’n stap in die Zumafikasie van onafhanklike instellings.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
27 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.