Zuma veroordeel terreur-aanvalle in Kenia
2011-10-26 18:06
Johannesburg – President Jacob Zuma het ontsteltenis oor die twee handgranaat-aanvalle in Kenia wat die afgelope week plaasgevind het gelug.
“Die regering is diep bewoë oor die verlies
aan lewe en die beserings wat opgedoen is as gevolg van die aanvalle,” het
woordvoerder Clayson Monyela gesê.
“Die regering veroordeel ten sterkste
terreur-aanvalle, wat daarop gemik is om onskuldige mense seer te maak.”
Die een handgranaat-aanval was by ‘n nagklub
in Nairobi en die tweede by ‘n busstop, ook in Nairobi.
Een persoon is dood en sowat 20 is beseer in
dié twee aanvalle.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA