Zuma veroordeel aanvalle in Nigerië
2011-12-27 12:35
Pretoria – Pres. Jacob Zuma het 'n onlangse rits bomaanvalle in Nigerië deur die Islamitiese ekstremistegroep Boko Haram, wat 40 lewens geëis het en talle beseer het, skerp veroordeel.
Zuma het sy medelye uitgespreek met pres. Goodluck Jonathan, die regering en die mense van Nigerië, veral families van die slagoffers en mense wat in die aanvalle beseer is.
Pres. Zuma het tydens 'n onlangse besoek aan Nigerië benadruk dat dié twee lande moet saamwerk om vrede, veiligheid, volhoubaarheid en demokrasie op die Afrika-kontinent te bevorder.
"Suid-Afrika sal saam met Nigerië werk, binne die raamwerk van die Afrika-unie, om terrorisme en ander verwante euwels uit te roei," het Zuma gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA