Zuma veroordeel aanvalle

2011-03-22 07:04
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Pres. Jacob Zuma het die koalisiemagte se militêre ingryping in Libië Maandag veroordeel en aangevoer dit is ’n poging om kol. Muammar Gaddafi se bewind tot ’n val te bring.

Zuma het op die Menseregtedag-viering in Athlone buite Kaapstad gesê die militêre optrede strek wyer as die resolusie om ’n vliegspergebied oor Libië af te dwing wat vroeër deur die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad aanvaar is.

Die president se skerp kritiek kom enkele dae nadat Suid-Afrika ten gunste van dié resolusie gestem het.

Vladimir Putin, Russiese premier, S.M. Krishna, Indië se minister van buitelandse sake, en Boiko Borisof, Bulgaarse premier, het onder andere ook die koalisiemagte se ingryping veroordeel.

Zuma het gesê: “Suid-Afrika sê nee vir die doodmaak van burgerlikes, nee vir die doktrine om ’n regime-verandering teweeg te bring en nee vir die buitelandse besetting van Libië of enige ander soewereine staat.”

Hy het ’n beroep op die koalisiemagte onder aanvoering van Amerika (VSA), Brittanje, Frankryk en Arabiese lande gedoen om militêre ingryping te beperk tot presies dít wat die resolusie bepaal.

Zuma het in die Athlone-stadion gesê Suid-Afrika skaar hom by die Afrika-Unie (AU), wat enige vorm van internasionale militêre inmenging in Libië verwerp het.

Net ’n vreedsame en politieke oplossing “gegrond op die wil van die mense van Libië” sal op lang termyn stabiliteit verseker, het Zuma volgehou.

Hy het ’n onmiddellike skietstilstand gevra.

Die koalisiemagte se aanvalle op militêre teikens in Libië het Maandag voortgeduur.

Die koalisie ontken Gaddafi is die teiken. Die VSA-regering het gesê Libië sal beter af wees sonder Gaddafi, maar die mense van Libië moet self besluit.

David Cameron, Britse premier, het volgens SkyNews in die parlement gesê die Libiese weermag se lugverdediging is grootliks deur die aanvalle geneutraliseer. Ontploffings is Maandagaand in Tripoli gehoor.

Die Libiese weermag het sowat 100 km uit die stad Benghazi – wat deur die rebelle beheer word – teruggetrek, maar rebelle in die stad Misrata, oos van Tripoli, het beweer 40 mense is dood ?toe soldate van die Libiese weermag op hulle geskiet het, het Sapa-AFP berig.

In Jemen het voorste generaals, ambassadeurs en enkele stamme hul steun gegee aan die betogers teen die regering van pres. Ali Abdullah Saleh, berig Sapa-AFP-Reuters.

- Volksblad

Lees meer oor: jacob zuma  |  muammar gaddafi  |  libië

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

bill.schoeman sê... Deel van die sindikaat! LMGA Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.