Zuma verdedig Malema

2010-03-12 13:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – President Jacob Zuma het Julius Malema, die president van die ANC-jeugliga, verdedig in ‘n onderhoud waarin hy gesê het dat Malema "leierskapskwaliteite het en omgee vir die mense."

“Ek het nie gesê dat hy reg is nie, maar ek sê dat hy ‘n reg het om kwessies uit te lig. As ons Malema keer kan jy sê dat apartheid teruggekeer het,” het Zuma aan die Mail&Guardian gesê.

Mense moet onderskei tussen persoonlike sienings en beleid, en nie Malema of Zuma kan sy eie beleid verklaar nie, het hy gesê in verwysing na Malema se aanhoudende volharding dat myne genasionaliseer moet word.

Malema staar tans aanklagte van haatspraak in die gesig wat by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie aangemeld is nadat hy die slagspreek “skiet die boere, hulle is verkragters”, by die Universiteit van Johannesburg gebruik het.

“Mense wil hê ons moet hom afpraat. Hoekom moet ons dit doen? Selfs die voormalige jeugliga-leier, Peter Mokaba, het altyd gesing ‘Een boer. Een koeël’. Selfs Madiba, wat vandag ‘n ikoon is, was een van die mees uitgesproke jeugliga-leiers.”

Malema wag nog vir ‘n uitspraak van die gelykheidshof op ‘n aanklag van haatspraak oor kommentaar wat hy gelewer het oor die vrou wat Zuma in die hof laat verskyn het vir verkragting.

Malema het ook by die onlangse opening van ‘n kerk in Limpopo, waarvoor hy geld ingesamel het, gewys dat “daar ‘n leier in hom is vir die toekoms, ‘n man wat omgee vir mense en wat inisiatief kan neem.

“Julius is nie ‘n probleem nie. Mense kan nie dieselfde styl hê nie. Daar is nie vir ons ‘n krisis nie.”

Zuma het bygevoeg dat die voormalige jeugliga-president, Fikile Mbalula, wat nou adjunk-minister van polisie is, stilgeraak het.

“Mbalula was ‘n tyd terug baie uitgesproke, maar mens hoor nie meer van hom nie. Ons besigheid is om hulle te help om volwasse te word.”

- Sapa



 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
82 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andries sê... Die "probleem "kan/sal nie beskaafd opgelos word nie maar op die Afrika wyse. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 6-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 3-15°C Sunny. Quite Cool. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE MY02
2005
R 99,990.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 109,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.