Zuma vat 'n blaaskans
2011-06-22 15:14
Johannesburg – President Jacob Zuma vat 'n paar dae af om te rus, het sy woordvoerder, Zizi Kodwa, bevestig.
"Ek vat 'n paar dae af om te rus en die sonopkoms en -ondergang te geniet sonder om na enige plek te haas," lui 'n inskrywing op die sosiale netwerk Twitter.
Zuma is af tot Saterdag.
Hy het Dinsdag van die Demokratiese Republiek vanaf die Kongo teruggekeer waar hy die sewemde DRK-Suid-Afrikaanse binasionale kommissie saam sy eweknie Joseph Kabila gelei het.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA