Zuma vaar uit teen leierskap van alliansie

2011-06-27 15:50
Tweets Share Share line Print

Midrand – Die beweging wat Suid-Afrika lei beleef 'n krisis, het pres. Jacob Zuma Maandag gesê, en uitgevaar teen swak dissipline, die voortydige oppering van belangrike debatte en die gebruik van fondse vir eie gewin.

"Lede van magtige organisasies dink hulle kan sake hanteer soos hulle wil en nie op die manier wat deur die situasie vereis word nie," het hy aan afgevaardigdes by 'n byeenkoms van Cosatu se sentrale komitee by Gallagher Estate in Midrand gesê.

"So kan ons byvoorbeeld besluit om te sê wat ons wil en nie omgee vir die beeld van die organisasie nie want ons glo al verloor ons stemme, is dit nie 'n groot verlies nie want ons is klaar so groot!" het hy gesê.

Volgens Zuma is die krisis waardeur die organisasie in die gesig gestaar word nie uniek aan die ANC nie, en was dit volgens hom ook al by ander bevrydingsbewegings 'n probleem.

"Ons sterk punt kan ons swak punt word as ons nie versigtig is nie," het hy gewaarsku.

Nog 'n probleem wat deur Zuma beklemtoon is, is die "verdwyning van respek en dissipline" in die ANC.

"... [Ons] het begin met 'n nuwe kultuur van die uitruil van opinies en die hantering van ander se sienings in die openbaar, voor ons dié sienings in ons eie organisasies bespreek met die mense wat daardie sienings het.

"Dit het 'n neiging begin waar ons voor almal op beleid besluit sonder om eers deur die behoorlike proses te gaan wat ons normaalweg sal help om die waardigheid van die organisasie te beskerm," het hy gesê, sonder om spesifiek na die ANC-jeugligaleier Julius Malema se uitsprake oor nasionalisering en grondhervorming te verwys.

Zuma het voorts gesê die "geld-probleem" het 'n "groot siekte" in die organisasie geword, en het gesê dat geld gebruik word om lede se eie belange te bevorder.

"Ons moet van hierdie siekte ontslae raak sodat ons organisasies, wat die revolusie wil beskerm, instrumente van die revolusie kan word, eerder as die instrumente van sekere klasse mense."

– Volg Nuus24 op Twitter.

- SAPA

Lees meer oor: jacob zuma  |  korrupsie  |  cosatu  |  sa politiek  |  anc

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.