Zuma trots op Obama
2009-10-10 17:04
Johannesburg- President Jacob Zuma het Saterdag saam met ander leiers wêreldwyd vir die Amerikaanse president Barack Obama gelukgewens nadat hy die Nobelprys vir vrede ontvang het.
“Dit was heel aangenaam om te hoor van die sukses. Namens myself en die hele Suid-Afrika wil ek president Obama baie gelukwens met hierdie groot eer,” het Zuma in ‘n verklaring gesê.
Zuma het ook gesê dat Suid-Afrika glo in Obama se planne vir die toekoms en dat hy bankvas agter hom staan.
“Ons soek ‘n wêreld vol vrede en sonder kernwapens. Ons leiers moet saamstaan in hierdie moeilike tye om ‘n toekoms vir die jonger generasie te verseker,” het Zuma gesê.
–Sapa