Zuma toon simpatie met Mandela-gesin
2010-06-11 15:41
Johannesburg – President Jacob Zuma het sy innige simpatiebetuiging aan die Mandela-familie uitgereik ná die dood van Nelson Mandela se agterkleindogter.
Die 13-jarige Zenani was Donderdagaand op pad huis toe ná die afskopkonsert van die Wêreldbeker-toernooi toe die motor waarin sy gereis het in 'n botsing in Johannesburg betrokke was.
“Ons innige simpatiebetuiging aan die Mandela familie vir die verlies van Zenani,” het ‘n verklaring van die presidensie gesê.
“Die nasie deel in jule verlies en treur saam met julle, veral op dié dag wat ons sokkerdrome bewaarheid word met die opening van die eerste Fifa Wêreldbeker-sokkertoernooi op die Afrika-kontinent.”
Volg Nuus24 op Twitter