Zuma terug van G20
2011-11-05 13:01
Johannesburg – President Jacob Zuma is terug in Suid-Afrika nadat hy die G20-beraad in Cannes, Frankryk, bygewoon het, het die presidensie Saterdag gesê.
“Zuma het gesê Suid-Afrika is tevrede met die beraad se ooreenkoms om voort te gaan met pogings om werkloosheid te beveg en om goeie werke te bevorder,” het die departement in ‘n verklaring gesê.
In die beraad is gesê dat daar veral gefokus gaan word op die jeug en ander wat negatief deur die internasionale finansiële krisis geraak word.
“Die fokus op werkskepping is in lyn met Suid-Afrika se eie plaaslike fokus op ekonomiese transformasie om inklusiewe groei en goeie werke te bevorder,” het Zuma gesê.
Die G20-beraad het die afgelope week plaasgevind, met baie fokus s wat geplaas is op die globale ekonomie en die krisis in die Eurosone, insluitende die situasie in Griekeland.
Zuma se hy is aangemoedig deur die werk wat gedoen word om die krisis in die Eurosone te probeer oplos.
Hy het die beraad ook as ‘n platform gebruik om die wêreld te verseker dat Suid-Afrika gereed is om volgende maand gasheer te wees van COP 17.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA