Zuma 'te oud' vir tweede termyn
2012-10-24 14:42
Johannesburg – Pres. Jacob Zuma moet die mag oorgee in Mangaung, omdat hy deel is van die ANC-generasie van 1960, wat te oud is om te lei, het bondgenote van Fikile Mbalula, minister van sport, gesê.
Songezo Mjongile, Wes-Kaapse ANC-sekretaris, het aan The Star gesê Zuma se tyd is verby omdat hy aan die generasie van party-veterane soos Zola Skweyiya en Pallo Jordan behoort.
Mjongile het gesê Skweyiya en Jordan het hul mag oorgee vir die onthalwe van die land se toekoms en die ANC se integriteit.
Mjongile het gesê hoewel hulle al 'n lang pad saam met Zuma stap en hoë agting het vir hom, verkies hulle dat iemand anders die ANC lei ná die party se verkiesingskonferensie in Mangaung in Desember.
Hy het verder gesê die nodigheid om Zuma te verwyder gaan nie oor persoonlikhede nie, maar die toekoms van die ANC, die land en die struggle.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter