Zuma swyg oor Shaik-kwytskelding
2010-03-24 16:22
Kaapstad - Pres. Jacob Zuma het geweier om aan die nasionale vergadering die versekering te gee dat hy nie sy voormalige finansiële adviseur en veroordeelde bedrieër Schabir Shaik se presidensiële kwytskelding sal toestaan nie.
"Ek weet nie hoekom ons die kwessie moet bespreek voor dit na die president kom nie," het Zuma in reaksie gesê.
"Hoekom moet ons? As die inligting voor my van enige gevangene sê die persoon het genoeg inligting en moet vrygelaat word, hoekom moet die persoon wat kwalifiseer in terme van die inligting nie vrygelaat word nie, omdat hy so en so is..."
Zuma het teen "vooroordeelde kwessies" gewaarsku.
"Ek dink dis onregverdig, selfs teenoor die individue, want julle beïnvloed enige persoon wat na die kwessies gaan kyk deur die kwessie te debatteer voor dit bespreek is."
"Laat die saak voor die president kom en die president sal sy magte ingevolge die grondwet uitoefen," het Zuma gesê.
Zuma het ook gesê dat 230 van die 384 aansoeke om presidensiële kwytskelding gaan nie in die stadium toegstaan word nie en wou nie redes vir sy besluite verskaf nie.
"As dit nodig is, sal ek dit in 'n later stadium doen."
– Sapa