Zuma swyg lank oor weermag-ontplooiing

2011-09-10 07:34
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Eers nege maande nadat pres. Jacob Zuma die weermag na die Golf van Guinee ontplooi het, het hy die Na­sionale Vergadering (NV) daaroor ingelig.

Die Grondwet vereis van die president om die parlement “vinnig” in te lig sodra die weermag ontplooi word.

Zuma het die parlement egter eers die afgelope week daaroor ingelig by wyse van ’n brief aan die speaker van die NV.

Die president het geskryf die weermag is ontplooi vir ’n “nood-ontruiming van Suid-Afrikaanse burgers, diplomate en hul gesinne uit die Ivoorkus”.

Daar was vroeër vanjaar ’n burgeroorlog in die Ivoorkus nadat ondersteuners van oudpres. Laurent Gbagbo nie die verkiesingsoorwinning van pres. Alassane Ouattara wou aanvaar nie.

“Die vlak van geweld wat gevolg het, het verskeie lande genoop om hul burgers uit die Ivoorkus te ontruim,” het Zuma gesê.

Altesaam 175 lede van die weermag was van 4 Januarie tot 28 Februarie daarby betrokke.

Zuma het nie gesê hoekom hy die parlement nie vroeër oor die ontplooiing ingelig het nie.

Mac Maharaj, die president se woordvoerder, het navrae na die departement van verdediging verwys, “want ek weet niks van die saak nie”.

Teen druktyd het die departement nog nie op vrae gereageer nie.

Dit is nie die eerste keer dat Zuma die weermag ontplooi sonder om die parlement daaroor in te lig nie.

Die weermag is ook tussen 5 Januarie en 22 Februarie in Uganda ontplooi om burgerlikes te verwyder. Zuma het die parlement eers op 5 September daaroor ingelig.

Piet Pretorius, DA-woordvoerder oor openbare werke, het gesê die president het ook nie aan die Verdedigingswet van 2002 voldoen nie.

Art. 18(4) lui dat enige uitgawes wat spruit uit die ontplooiing van die weermag aan die NV verklaar moet word.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: jacob ­zuma  |  weermag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.