Zuma stel lys op van sy belange

2010-03-08 12:40
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – President Jacob Zuma het begin om ‘n lys van sy belange op te stel en is gereed om dit te verklaar indien dit van hom vereis word, het sy woordvoerder Vincent Magwenya Maandag gesê.

“Mense moet ook weet dat die president, terwyl hy op terugvoering van sy regspan wag, ‘n voorlegging laat voorberei het, sou daar beslis word dat hy iets moet verklaar,” het Magwenya aan Sapa gesê.

Die DA het Maandag aangedui hulle gaan die Openbare Beskermer vra om ‘n ondersoek te loods om te bepaal of Zuma afdeling vyf van Die Wet op die Etiek van Lede van die Uitvoerende Gesag van 1998 oortree het deur nie sy belange binne 60 dae vandat hy in Mei verlede jaar as president verkies is, verklaar het nie.

Magwenya wou dit duidelik stel dat Zuma "deur sy kantoor onthul het dat hy nie sy finansiële belange verklaar het nie.”

“Dit is nie asof die president iets wegsteek nie,” het hy gesê.

"Die president is daaraan toevertrou om ‘n deursigtige, oop administrasie te bestuur en dit is hoekom hy aan die Sunday Independent gesê het dat hy nie sy finansiële belange verklaar het nie.

"As die president iets weggesteek het sou hy nie so ‘n oop en direkte antwoord gegee het nie," het Magwenya gesê.

Zuma wou glo sy belange verklaar, maar daar was verskeie opinies in sy kantoor oor of dit van hom vereis word.

Michael Hulley, Zuma se prokureur, is besig om die kwessie te hanteer.

Die belange van sy groot familie en afhanklike kinders moet verklaar word. Zuma het drie vroue en 20 kinders.

“Die proses is reeds onderweg en hy wil dit so gou moontlik afhandel,” aldus Magwenya.

- Sapa


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: jacob zuma  |  anc  |  sa-politiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Dpe eienaars van die galery behoort die ANC ook aan te kla vir aanhitsing tot geweld en intimidasie. Die kunstenaar het nooit gese dit is Zuma nie, dit was n' kwessie van n' skoen wat pas Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C Sunny. Mild. Pta: 6-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

LEXUS

IS 250 AT
2006
R 239,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.