Zuma stel besoek aan Burundi uit
2009-08-03 19:44
Kaapstad – President Jacob Zuma het ‘n besoek aan Burundi, waar hy sou leiding neem by ‘n seremonie wat die einde van die Suid-Afrikaanse vredesending aandui, uitgestel.
Die besoek was geskeduleer vir 8 Augustus, maar sal nou in November plaasvind, het ‘n verklaring van Zuma se kantoor gesê.
Zuma was gedurende sy tyd as adjunk-president die hoof mediator in die gesprekke om Burundi se burgeroorlog te beëindig.
Die oorlog in Burundi het van 1993 tot 2005 geduur en ongeveer 300 000 lewens geëis.
- Sapa