Zuma spreek onderwysers
2009-08-05 11:51
President Jacob Zuma sal Vrydag met skoolhoofde van regoor die land gesels oor die verbetering van onderrig in Suid-Afrika.
Sowat 1500 onderwysers van regoor die land sal in Durban saamkom om die kwessie te bespreek.
Onderwys is een van die hoof-prioriteite waarop die regering die volgende vyf jaar wil fokus.
“Die vergadering sal fokus op sterk verhoudinge binne die onderwys departement wat effektiewe onderrig in skole sal verseker. Die president sal ook sy visie vir kwaliteit onderrig met die verteenwoordigers deel,” het Angie Motshekga, minister van basiese onderig, gesê.
–Sapa