Zuma sloer met munisipale wet

2011-06-01 07:51
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Pres. Jacob Zuma sloer al 43 dae om die wetsontwerp te onderteken waarkragtens vakkundigheid in munisipaliteite afgedwing moet word en partypolitieke ampsdraers verbied word om in senior munisipale poste te dien.

’n Hooggeplaaste in die departement van samewerkende regering het gesê hulle het gehoop Zuma sou die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Stelsels vóór die plaaslike verkiesing promulgeer.

Die wet is noodsaaklik om munisipaliteite reg te ruk en die departement wou dit op die wetboek gehad het voordat die nuwe raadslede en burgemeesters beëdig word.

Die parlement het dié wetsontwerp, wat ook bepaal dat korrupte munisipale amptenare se name vir ’n dekade op ’n swartlys geplaas word en dat senior munisipale bestuurders toepaslik gekwalifiseerd moet wees, reeds op 19 April goedgekeur en na die presidensie verwys.

Nathi Mthethwa, waarnemende minister van samewerkende regering, en Yunus Carrim, adjunkminister, het Dinsdag op ’n inligtingsessie by die parlement klei getrap oor vrae oor wat die oponthoud veroorsaak.

Die munisipale vakbond Samwu is teen die wetsontwerp gekant en het gister by navraag gedreig om landwyd te staak indien Zuma dit onderteken. “Ons het reeds ’n aanduiding van die president gekry dat hy dit nie sal onderteken nie. Dit moet terug parlement toe,” het Tahir Sema, Samwu se nasionale woordvoerder, gesê.

Volg Nuus24 op Twitter.


- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.