Zuma-seun, Malema se peperduur pretvaarte

2010-01-17 07:11
Tweets Share Share line Print

Gavin Prins en Henry Cloete

“Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?” het die digter Uys Krige gevra.

Die antwoord is klaarblyklik ’n jo­viale “ja” in die geval van mnre. Julius Malema, ANC-jeugleier, en Duduzane Zuma, seun van pres. Jacob Zuma.

Rapport verneem dié twee here het hul reputasie vir ’n spandabel­rige leefstyl gestand gedoen deur pretvaarte aan boord van luukse skepe mee te maak in die feestyd.

Duduzane Zuma het glo tydens sy vaart op die wêreld se grootste passasierskip, The Oasis of the Seas, in ’n suite gebly wat tussen R150 000 en R250 000 per week kos.

Duduzane wou by navraag niks aan Rapport sê nie. “Ek is nie bereid om daaroor te praat nie,” was sy woorde tydens ’n kort telefoniese gesprek.

Van die passasiers op die skip sê hulle het hom herken. ’n Sakeman van Kaapstad, wat anoniem wil bly, sê die jong Zuma het in die suite langs syne gebly.

Die weelderige suite – met sy eie concierge – beslaan twee dekke en bied ’n panoramiese uitsig oor die water.

Die hoofslaapkamer is op die boonste dek en spog met ’n stort vir twee mense. Op die onderste dek is ’n kroeg en ’n private balkon.

Volgens die bron was Duduzane die meeste van die tyd omring deur Indiese sakemanne. “Hulle het tot laatnag in die kroeë gekuier.”

Passasiers van Suid-Afrika moes na Florida in die VSA vlieg om in Fort Lauderdale aan boord te gaan vir die vaart van 19 tot 26 Desember.

In die Kaapse Waterfront gons dit oor Malema wat gesien is waar hy vroeg in Desember op die luukse seiljag Foreplay partytjie gehou het met duur sjampanje en whisky.

Geheimsinnigheid omhul die partytjie.

Mnr. Mark Engledouw, Foreplay se bestuurder, spog bekendes soos Charlize Theron, Robert de Niro en Matt Damon tel onder sy kliënte. Maar oor die partytjie waar Malema gesien is wil hy niks verklap nie en wou nie bevestig of ontken dat Malema op die jag was nie.

“Wat aan boord gebeur, bly aan boord – dis ’n ongeskrewe reël,” het hy by navraag gesê.

Malema self het egter gister ontken dat hy op die boot was. “Nee, nee, nee. As ek by ’n partytjie op ’n boot was sou jy daarvan geweet het. Ek sou dit (die boot) beheer het.”

Die gemiddelde sononder-vaart van die Kaapse Waterkant tot by Bloubergstrand kos R15 000 per uur. ’n Dag lange vaart kan R57 000 beloop.

Malema is bekend om sy weelderige leefstyl. Hy besit wat lyk na ’n Breitling-horlosie ter waarde van R250 000 en was al in die sop by sy bure in Sandton oor uitspattige en luide partytjies in sy huis.

In ’n vroeëre onderhoud met Rapport het Malema laat blyk sy leefstyl dien as voorbeeld vir die armes “dat die ANC ’n township-man se lewe kan verander”.



- Rapport
 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

nina.nortje sê... Trippie, ek wil al klaar KOTS! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Corsa 1.4 Base Utility MY10 PU
2011
R 108,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2006
R 149,995.00

ISUZU

KB250 c LWB Fleetside Dsl AC PU MY07
2011
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.