Zuma se woordvoerder dagvaar polisie
2011-11-14 14:32
Johannesburg – Zizi Kodwa, presidensiële woordvoerder, se prokureur het Maandag gesê hy sal die polisie twee dae kans gee om sy kliënt se bloedmonsters vry te stel sodat dit in 'n private laboratorium getoets kan word.
Kodwa is verlede week in Rosebank vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem.
'n Bloedmonster is geneem voor hy op borgtog vrygelaat is.
Kodwa, wat volhou hy was nugter, het Maandagoggend saam met sy prokureur na die Rosebank-polisiekantoor gegaan om die regsdokumente in te dien.
"Ons eis R5 miljoen vir verkeerdelike inhegtenisneming en onwettige aanhouding," het Gugulethu Madlanga, Kodwa se prokureur, gesê.
Hulle glo hy sal vrygespreek word indien die bloed by 'n private laboratorium getoets word.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter