Zuma se troue 'privaat familieseremonie'
2010-01-03 14:13
Kaapstad - In 'n mediaverklaring wat Sondag uitgereik is het die kantoor van die president die komende tradisionele troue tussen pres. Jacob Zuma en Tobeka Madiba op 4 Januarie beskryf as 'n "privaat familieseremonie".
"Die media word versoek om die familie die privaatheid te gun waarop hulle geregtig is," het die verklaring gelui.
Reuse-markiestente is die afgelope week naby pres. Zuma se woning in Nkandla opgerig vir ’n bruilofsfees Maandag, wanneer die staatshoof die vyfde keer in die huwelik sal tree.
Talle BBP's van oor die land heen word by die seremonie verwag.
– SAPA/Nuus24