Zuma se seun bevoordeel deur 'verdagte transaksie'

2010-08-15 10:00
Tweets Share Share line Print

Mnr. Duduzane Zuma

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Die National Union of Mineworkers (NUM) het hul misnoeë uitgespreek oor die afgelope week se winsgewende transaksie tussen ArcelorMittal en Ayigobi, ’n swart-ekonomiesebemagtiging-groep (SEB).

Die NUM sê dit lyk asof regeringsbeleid gebruik word om ekonomiese deure oop te maak vir diegene met politieke konneksies.

Lesiba Seshoka, woordvoerder van die NUM, het gesê die R9 miljard-transaksie, ingevolge waarvan pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, bevoordeel word, is ’n teken dat swart ekonomiese bemagtiging steeds net ’n sekere groep mense bevoordeel, selfs ná die verandering van die ANC-bewind in Polokwane in 2007. ’n Ander bevoordeelde is die bekende sakeman Sandile Zungu, wat bande met die president het en die pro-ANC-koerant gaan finansier.

“Dit is ’n tenderpreneurskap van ’n spesiale soort, waarby regeringsbeleid gebruik word om deure oop te maak sodat dié met politieke bande eerste deur kan stap.”

Die grootste aandeel, 75% van die transaksie, gaan aan strategiese vennote, terwyl die res aan vennote gaan wat nog geïdentifiseer moet word. Personeel by ArcelorMittal sal ook 5% voordeel trek.

Die strategiese vennote is die 28-jarige Zuma wat die grootste gedeelte kry, Zungu (die tweede meeste), Gugu Mtshalo, vennoot van adj.pres. Kgalema, en die Gupta-familie, wat die regering se voorgenome koerant gaan ondersteun.

Die Guptas is Indiese burgers, so dit is tans onduidelik hoe hulle kwalifiseer as vennote in ’n transaksie wat gemik is op swart ekonomiese bemagtiging.

Uit die ANC se ekonomiesebeleid-dokument, wat volgende maand op die party se raadsvergadering in Durban bespreek sal word, blyk dit dat daar met die uitvoering van swart ekonomiese bemagtiging op die bemagtiging van swart beleggers gefokus word deur wit beheerde maatskappye te dwing om hul aandele aan hulle te verkoop.

Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, wou nie kommentaar lewer oor die Arcelor-Mittal-Ayigobi-transaksie nie, maar was wel vroeër krities oor ’n soortgelyke transaksie tussen Telkom en die Elephant Consortium. Hy het gesê dié R6,6 miljard-transaksie, wat deur die staatspensioenfonds gefinansier is, was die “ergste vorm van swart ekonomiese bemagtiging”.

Lees meer oor: seb  |  myne

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.