Zuma se opmerkings isoleer Malema

2011-05-13 07:07
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Opmerkings deur pres. Jacob Zuma dat die ANC-jeugliga se menings oor grondhervorming net die siening van Julius Malema is, is daarop gemik om die jeugliga se president te isoleer.

Só het dié liga Donderdag gesê nadat Zuma die ANC van die sieninge gedistansieer het.

“Om die sienings wat in die... liga se besprekingsdokument uitgedruk word aan...Malema toe te skryf, is nie van hulp nie en kan net dien om hom (Malema) van die organisasie (ANC) te isoleer,” het die liga se nasionale werkkomitee Donderdag in ’n verklaring gesê.

Zuma het na berig word, gereageer op besorgdheid wat uitgespreek is deur boere oor grondhervorming deur te sê: “Malema is op ’n leerkurwe en die boerderygemeenskap moet nie ontsteld word deur sy uitlatings nie. Wat hy sê, is bloot sy (Malema se) sienings.”

In die liga se besprekingsdokument, wat met die oog op die liga se komende verkiesingskonferensie uitgereik is, stel die liga wysigings voor aan die eiendomsklousule van die Grondwet om die regering toe te laat om “in die openbare belang” op grond beslag te lê.

Die liga vat Zuma aan oor sy uitlatings omdat hulle sê dat die onteiening van grond sonder vergoeding ’n beleidsvoorstel deur die liga is en nie dié van ’n individu nie.

Die verhouding tussen Zuma en Malema, wat eens sy mees stoere ondersteuner was, het die laaste jaar kwaai agteruit gegaan. Malema se naam is ook genoem in ’n beweerde komplot wat glo beplan word vir die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in 2012 om Zuma uit die kussings te lig. - Sapa

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
62 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.