Zuma se neef hou peperduur partytjie

2010-07-20 09:23
Tweets Share Share line Print

Elise Tempelhoff

Johannesburg - Khulubuse Zuma, pres. Jacob Zuma se neef, is Maandag gekap oor sy “uitspattige” leefstyl nadat hy glo R71 000 op drank by ’n partytjie in Durban uitgegee het terwyl meer as 2 000 werkers by sy Grootvlei-myn aan die Oos-Rand “krepeer van ellende”.

The Sunday Independent het Sondag berig Zuma, direkteur van Aurora Empowerment Systems, wat Grootvlei bestuur, was Vrydagaand in ’n private suite by die gesogte Egagasini-restaurant in Durban waar hy 50 vriende op Franse sjampanje en skotse whisky trakteer het.

Die drankrekening het glo R71 000 beloop.

Leshiba Seshoka, woordvoerder van die National Union of Mine Workers (NUM), het Maandag gesê mense by Grootvlei het maande laas geld ontvang. Hulle leef al maande lank in haglike omstandighede, sonder skoon water of krag, terwyl Zuma sy vriende op kos en drank trakteer.

“Ek is gewalg en baie hartseer.

Zuma, as deel van die swart elite, leef in weelde terwyl mense by Grootvlei, die werkers, van ellende vergaan.”

Volgens Seshoka het die NUM nou al “alles” probeer om ’n regverdige uitkoms vir die werkers te beding, maar hulle “loop in mure vas”.

“Ons het al optogte na Zuma se kantoor gehou, gestaak, met regstappe gedreig, maar niks gebeur nie.”

Gareth Morgan, DA-woordvoerder oor omgewingsake, het gesê die berigte oor Zuma se “uitspattige” leefstyl is baie ontstellend. Die mense by Grootvlei, waar ’n omgewingskrisis hom ook afspeel, sukkel al maande lank om hul geld uit Zuma en mnr. Zondwa Mandela, oudpres. Nelson Mandela se kleinseun, te kry.

“Aurora se Grootvlei-myn ervaar die krisis terwyl Zuma partytjie hou en sy rykdom ten toon stel. Dit getuig van baie swak smaak,” het
Morgan gesê.

“Khulubuse (Zuma) dink seker hy is verhewe bo die reg omdat hy familie is van die president.”

Morgan het gesê hy daag pres. Jacob Zuma uit om in te gryp en te wys dat niemand, nie eens sy neef, verhewe is bo die reg en die land se wette nie.

Zuma jr. het Maandag nie sy telefoon beantwoord nie. Sy stemposbus was ook vol en kon geen boodskappe neem nie.

Intussen het die departement van waterwese en omgewingsake ’n tweede klag teen Aurora aanhangig gemaak omdat megaliters besoedelde mynwater die afgelope paar maande in die Blesbokspruit gestort is.

Tien omgewingsorganisasies het verlede week ’n beroep op die Menseregtekommissie (MRK) gedoen om in te gryp by Grootvlei.

Vincent Moaga, MRK-woordvoerder, het ontvangs van die versoek erken. 

- Beeld

Lees meer oor: jacob zuma  |  skandale  |  politiek

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.