Zuma se lyfwagte dreig joernalis en fotograaf

2011-11-25 08:02
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – Skaars twee dae nadat die parlement die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting goedgekeur het, is ’n Volksblad-verslaggewer en fotograaf deur lyfwagte van pres. Jacob Zuma uitgeskel en geïntimideer.

’n Vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee word dié naweek in Bloemfontein gehou en Zuma en adj.pres. Kgalema Motlanthe word vandag in die stad verwag. Verskeie ministers was gister al in die stad en talle blouligkonvooie het verkeer in Bloemfontein ontwrig.

Volksblad het verneem die hooggeplaastes sou by die Phillip Sanders-oord bymekaarkom en daarvandaan na verskeie bestemmings in en om Bloemfontein vertrek.

Een van die lyfwagte het reeds buite die oord se hek op die fotograaf geskree om op te hou foto’s neem. Die kavalkade en sowat tien verkeerspolisie-voertuie het toe na die Waaihoek- Weslyaanse kerk gejaag.

Daar het sowat ses lyfwagte op die verslaggewer en fotograaf toegesak en aangedring op die geheue-skyfie van die kamera.

“Wie het julle toestemming gegee om ons te volg?” het een van die lyfwagte geskree.

Nadat die verslaggewer geweier het om die geheue-skyfie te oorhandig, wou hulle die foto’s sien. Die foto’s moet alles uitgevee word, is gesê.

“Wie is julle, van watter koerant? Gee ons jou identifikasie-kaart.”

Hulle het toe ’n visite-kaartjie gevat en gesê: “Julle sal weer van ons hoor.”

Hulle het ook met inhegtenisneming gedreig en gesê: “Julle reis eindig hier. Julle volg ons nie”. Daarna het die konvooi weggejaag.

Geen hooggeplaaste was in enige van die motors nie.

Die NUK-vergadering word by die oord gehou en honderde polisielede, verkeersbeamptes en lyfwagte het reeds Donderdag by die oord saamgetrek.

Julius Malema, geskorste president van die ANC-jeugliga, sal ook die NUK-vergadering bywoon.

Die ANC se eeufeesviering- en leierskapskonferensie sal na verwagting hoog op die agenda wees.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: jacob zuma  |  inligtingswet  |  media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
18 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SegNet sê... Ook weer waar. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

RAV4 1.8 5-dr
2004
R 169,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 115,995.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2006
R 153,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.